By Seeskulpie Kleinkindontwikkelingsentrum speel en leer kinders in 'n omgewingsvriendelike atmosfeer. Dis amper soos om op 'n plaas skool te gaan. Eende en hoenders loop vry op die speelgrond rond en dit gee aan die kinders die geleentheid om hulle te versorg en eerstehands te ervaar.
Dit is die ideale omstandighede om te leer hoe om in die nabyheid van diere op te tree. Elke klas kry 'n beurt om die diere, wat ook hasies en bokke insluit, te voer en hulle te versorg.
Ander aktiwiteite, teen 'n addisionele fooi, word ook by Seeskulpie aangebied.
Dit sluit in:
Die kuns en kultuuraand is 'n hoogtepunt na die Graad R'e se Eisteddfod deelname. Ook die ander klasse en hulle ouers word genooi om te sien hoe woeker die graad R'e met voordrag, sang en slaginstrumente.
Ons 5-jariges lewer vrolike dans items. Die piekniek op die gras het daartoe bygedra dat die ouers die kinders se talente kan beleef.
Copyright © 2021 Seeskulpie.