Seeskulpie Kleinkindontwikkeling bied vir elke ouderdom 'n aparte groep waar die kinders teen hul eie tempo en potensiaal ontwikkel en leer. 'n Totaliteitsbenadering word gevolg met spesifieke verwysing na: Geestelike norme en waardes, sosiale vaardighede, emosionele-, fisiese, kognitiewe- en taal ontwikkeling.
Seeskulpie gebruik verskeie onderrigstrategieë om in die kleuters se behoeftes te voorsien. Die kleuters word voorgestel aan die wêreld van spel en uitdagings, terwyl sy waardesisteem uitgebrei. Terselfde tyd word die kleuter voorberei vir formele skoolopleiding.